Karel Engelbrecht - Kampioen van die Boland Duiwe Unie

Karel Engelbrecht het op 13 jarige ouderdom as jong skoolseun belang begin stel in duiwe. Hy het op daardie stadium by Jannie Theron sy eerste duiwe gekry en sy eerste stel duiwe begin broei. Destyds toe hulle begin vlieg het, moes hulle 'n rubbertjie om die duif se voet sit en jou duif by die huis gekom het moes hulle met die rubbertjie hardloop tot by die rugbyveld en die persoon wat eerste onder die rugbypale was, was die wenner vir die dag. Op daardie stadium was panboy Ascot, Karel se grootste teenstaander. In 1972 het hulle die junior duiweklub gestig waaronder Karel gevlieg het, wat Feranti Look, Jan Theron en Basil Clarke geborg het.

In 1973 wen Karel die Laingsburg as eerste junior. Slegs 4 duiwe was die dag vanaf Laingsburg in die senior hokke. Op daardie stadium was hulle ongeveer 14 jong skoolseuns wat gevlieg het maar slegs 3 van hulle het hul eie hokke gehad waarvan Karel een van die 3 lede was.

In Karel se eerste jaar wat hy gevlieg het, het hy 3 wedvlugte weg gewen. In sy 2de jaar wat hy vlieg het, het hy 14 uit die 20 wedvlugte gewen. In 1977 is hy weermag toe en het toe besluit om op te hou vlieg. Daarna het hy besluit om by 'n hengelklub aan te sluit en te begin hengel. In 1983 is Karel getroud, waar hy en sy swaer besluit om een naweek te gaan hengel op Struisbaai. Hulle het gestaan en hengel en Karel sien toe 'n pakkie duiwe wat sirkel. Vra toe uit of iemand weet wie se duiwe sirkel so 'n ene Chris Burmeister wat toe ook staan en hengel sê toe dit is sy duiwe. Hy nooi toe vir Karel om tekom kyk na sy duiwe. Vir ses maande het Karel niks gehoor van Chris Burmeister, op 'n dag by die werk noem 'n kollega van die man van Struisbaai wat na Parow getrek het. Karel het toe weer met Chris Burmeister in aanraking gekom en die duiwe gogga het weereens vir Karel gebyt. Vir drie jaar was Karel slegs 'n "silent partner" van Chris Burmeister. Op daardie stadium het Chris Burmeister net van die beste duiwe in die land gehad. In 1986 het Chris Burmeister vir Karel sy huis in Kraaifontein gebou as ook sy duiwe hok wat vandag nog staan. In dieselfde jaar het Karel ook by KDV aangesluit en by KDV begin vlieg.

Daardie jaar toe bestaan KDV uit min of meer 25 lede. In Karel se eerste jaar by KDV het hy 3 wedvlugte gewen. Chris Burmeister het toe weens persoonlike redes op gehou vlieg, en daardie tydstip het die katte en rotte so te sê Chris se hok skoongemaak. Hy gee toe 'n paar duiwe vir Karel en daarmee het Karel weer sy duiwe opgebou. Sy bloedlyne daardie tyd was Bill Morkel Putries, Lanbrecht van Engela van Wessel Pieters van Benoni en ook Katryse van ' n neef van Chris Burmeister 'n ene Nakkie Burmeister deur die jare het hy ook van Feranti Look se witsterte gekry en daarmee geteel, en wen vandag nog met sy duiwe wat ingeteel is.

Karel Engelbrecht presteer soos volg:

1993 Unie Kampioen

1994 5de Unie

1995 3de Unie

1996 2de Unie

1997 Unie Kampioen met meeste punte

1998 3de Unie

1999 4de Unie

2000 2de Unie, asook 2de in die enkel duiwe in Unie

2001 3de Unie

2002 Unie Kampioen

2003 Unie Kampioen met meeste punte verower goud op lang pad

2004 5de Unie

2005 Unie Kampioen

2006 Unie Kampioen met meeste punte verower goud op lang pad

2007 4de Unie Brons op langpad

2008 Unie Kampioen

2009 8ste Unie

Manne wat van sy duiwe het en goed presteer is onder andere Ian Adriaanse (PPK), Bertus Strauss (Park), Joos Beck (KDV), Wouter Kellerman (KDV), Gert van der Merwe (KDV), Frank Whitehead JNR (PARK) | 3de Unie, 2de Platinum 2013, Andre Loots.

Karel Engelbrecht se duiwe sal enige hok 'n boost gee. Daar is 20 jong duiwe beskikbaar, bestellings kan ook geplaas word vir die einde van die jaar. Jong duiwe kan bekom word teen R500.00 stuk.

Kontak Ian Adriaanse vir bestellings by 082 894 4835.

Dear Joos Beck

Wedvlugsekretaris KDV

Find us on Facebook
Follow Us