My duiwe lyk blakend gesond, maar hier en daar is ‘n duif met bruin neusvratte.

Vraag:

My duiwe lyk blakend gesond, maar hier en daar is 'n duif met bruin neusvratte.

Antwoord:

Ek sal aanbeveel dat jy jou duiwe op 'n kursus van Doxybiotic plaas. Die dosis wat ek aanbeveel is vir 5 dae in die drinkwater en wel teen 'n sterkte van 1 teelepel op 1 liter water.

Daarna kan jy die duiwe tweeweekliks behandel met Doxybiotic teen 'n dosis van 1 eetlepel Doxybiotic op sowat 2kg voer. Maak voer eers nat met 'n klein bietjie olie of vitamienestroop en gee die behandelde voer vir drie dae. Die water is in hierdie geval skoon.

Find us on Facebook
Follow Us