My duiwe staan en rond trippel in die hok en dan byt hulle skielik ‘n paar vinnige byte op hulle kruis. Wat kan die rede wees?

Vraag:

My duiwe staan en rond trippel in die hok en dan byt hulle skielik 'n paar vinnige byte op hulle kruis. Wat kan die rede wees?

Antwoord:

Die algemene denke vir bogenoemde beskrywing is dat jou duiwe baie moontlik 'n problem het met 'n paar duiwevlieë ('jockies') wat life is om die rug en stert gedeelte te sit en die duiwe se bloed te suig. Ek kan u ook verder inlig dat u duiwe moontlik met wurms besmet is en soos wat die wurms in die duiwe se ingewande vasbyt en beweeg, kry die duif 'n irretasie wat ook veroorsaak dat die duif begin rond trippel.

Ek dink die beste metode om van hierdie plae ontslae te raak, is om die duiwe op 'n leë krop vroeg-oggend net voor u hulle uitjaag vir hulle oefening, elkeen een Mediworm tablet te gee en na sowat 3 uur kos en water. U kan die behandeling binne 10 dae herhaal en dan opvolg met 'n maandelikse behandeling.

Deur Faunty Gillmer

Find us on Facebook
Follow Us