Pomelopit Ekstrak (Grapefruit Seed Extract) is 'n Wenner

Pomelopit ekstrak is wêreldwyd bewys in klinieke en die algemene publiek as 'n veilige en effektiewe natuurlike produk met baie gebruike. Dit word reeds suksesvol in die mens en dier aangewend on baie tipes inwendige en uitwendige infeksies soos parasiete, viruses, bakterië en swamme teë te werk.

Die grootste voordeel is die breë spectrum effek wat dit bied. Dit behandel alle infeksies gelyktydig, aangesien dit genees, sowel as verhoed dat infeksies ontstaan. Nie net genees en verhoed nie, maar is ook 'n produk wat ontsmet, reinig, opbou en die imuun sisteem drasties versterk. Hoë vlakke van Vit. C en E is teenwoordig en plaas dit ook suurstof in die liggaam vir beter funksionering van die brein, spierweefsel en werk melksuur teë. Dit alkaliseer die bloed en ligaams-vloeistowwe (verhoog PH).

Pomelopit ekstrak is effektief in baie lae dosisse en kan gereeld toegedien word sonder enige nadelige newe effekte. Dit is relatief goedkoop en ek beveel dit ten sterkste aan om by u jaarprogram te voeg. Gee dit weekliks teen 5 druppels per liter water. Dit kan saam met enige vitamien of medisyne gegee word.

Pomelopit ekstrak werk die volgende inwendige teë:

Voedselvergiftiging, diarree en spysverterings probleme. Infeksies veroorsaak deur parasiete (enkel en multi sel), bakterië, spiral, swamme (in breë spectrum) en kroniese uitputting. Mondelingse infeksies, tandvleis probleme, asem verfrisser en 'n mond-spoelmiddel asook seerkeel, ooronsteking, verkoues en griep.

Pomelopit ekstrak werk die volgende uitwendige teë:

Atletiese voete, vel infeksies (swam, bakterie, parasiete). Ook goed vir reiniging van wonde, vratjies, skilfers, herpies, kopluise, gekraakte lippe en algemene onsmetting van water, tandeborsels, kamme ens.

Een van die belangrikste aanwendings van hierdie produk is in die ondersteuning en beskerming van die mens se imuun sisteem om probleme soos HIV, kroniese moegheid en swamme teë te werk.

Naas Pomelopit ekstrak dink ek Duiwe Tee is die mees onderskatte produk en dit moet beslis meer gebruik word. Ons duiweboere besef nie die waarde van natuurlike produkte nie en aanbid antiobiotikas en chemiese middels om siektes hok te slaan.

Jare gelede het die duif sy genesing gekry uit stokkies, grassies en kruie wat hy in die veld opgetel het. Ons het hom in hokke geplaas en nou gebruik ons wetenskaplike middels vir sy gesondheid en verwoes daardeur die natuurlike vermoë en prestasie wat die duif kan lewer.

Pomelopit ekstrak is by verskeie duiwe-winkels bekombaar en ek beveel aan dat u kyk na die produk wat die proffesionele graad is aangesien dit organies gekweek is en baie suiwer is.

Deur Derick Streak

Find us on Facebook
Follow Us