Takel so die Langafstandvlugte

Soos u kan aflei uit my vorige artikels hang die sukses op kort- en middelafstandvlugte grootliks af van padwerk. Dit is 'n alom bekende feit dat dit moeilik is om meet e ding teen duiweboere wie se duiwe daaglikse oefenvlugte ontvang.

Die algemene verskoning vir swak prestasies op die kort- en middelafstande is gewoonlik die gebrek aan tyd om oefenvlugte uit te voer. Ek wil hier 'n stelling maak. Hierdie verskonings is niks anders as blote luiheid nie. Om duiwe swak aft e rig en 'n traak-my-nie-agtige houding teenoor hulle te hê is verkeerd. Om hulle dan te stuur na wedvlugte van honderde kilometres, raak aan diere mishandeling. Praat nie eers daarvan as hulle nie gesond is nie. Dit grief my om hierdie tipe duiweboere in ons sport te sien.

Soos u uit bostaande kan aflei, haat ek dit dat duiwe vir langafstandvlugte ingeskryf word as hulle nie ordentlik voorberei is nie. Voorbereiding sluit in voeding, afrigting, gesondheid en rus. Die vraag wat nou ontstaan is watter voorbereiding is nodig vir langafstandvlugte.

Voeding

Geen duif kan langafstandwedvlugte voltooi as hy nie ordentlik opgebou is en oor die nodige reserwe evergie beskik om die afstand aft e lê nie. Hierdie opstapeling van energie word veroorsaak deur die afskaling van oefening en die vermeerdering van die rustydperk. Minder oefening en meer rus bring mee dat duiwe minder energie verbrand. Dit is du shier belangrik dat die duiwe nie minder as elke derde week aan wedvlugte deelneem nie. In geen omstandighede moet duiwe ook ondervoed word nie.

Baie duiweboere is van mening dat 'n duif maniere geleer word deur sy daaglikse rantsoen aft e skaal en hulle gebruik ook hierdie praktyk tydens die langafstandvlugte. Indien u dit doen sal u net presteer as daar 'n wind van agter is, maar u sal hopeloos uit die bus val as die vlug hard is. Voer dus met 'n ope hand totdat die 5de duif gaan drink tydens die langafstandvlugte, maar moet geensins toelaat dat kos in die hok bly lê nie. 'n Hoë koolhidraat mengsel (4 mielie – 1 ert) beveel ek aan.

Duiwe kan egter nie net op kos en water hierdie langafstandvlugte vlieg nie en is 'n byvoedingskombinasie bestaande uit vitamienes, aminosure, minerale, spoorelemente en elektrolietes noodsaaklik om daardie ekstra "punch" te voorsien. U moet onthou dat die hele werking van 'n mens, dier, of voël gebaseer is op so 'n breë spektrum voedingsketting. Gedeeltelik is hierdie voedings elemente afkomstig uit kos uit, maar definitief nie alles nie. Hierdie byvoedingskombinasie moet daagliks teen halfdosis aan duiwe voorsien word oor die kos of in die water.

Afrigting

Soos ek reeds voorheen gesê het in hierdie artikel is dit noodsaaklik dat energie bespaar moet word, sodat dit aangewend kan word deur die duif in die lang kilometres verbonde aan langafstandvlugte. Dit kom basies daarop neer dat afrigting beperk moet word en op die basis van kwaliteit en nie kwantiteit nie, bedryf moet word. Ek stel die volgende weeklikse afrigtingsmetode voor:

Oefen die duiwe slegs een maal per dag – oggend of middag – kies self.

a. Sondag: 100km oefenvlug vir alle duiwe wat die naweek nie aan die wedvlug deelgeneem het nie.

b. Maandag: Rusdag – duiwe moet bad.

c. Dinsdag: 40km oefenvlug.

d. Woensdag: Sirkel 30 minute.

e. Donderdag: 30km oefenvlug.

f. Vrydag: Sirkel 30 minute (Duiwe wat nie wedvlug toe is nie.)

g. Saterdag: Rusdag.

OF

a. Sondag: 100km oefenvlug vir alle duiwe nie in die naweek se wedvlug nie.

b. Maandag: Rusdag – Duiwe moet bad.

c. Dinsdag: 10 – 15km oefenvlug.

d. Woensdag: 10 – 15km oefenvlug.

e. Donderdag: 10 – 15km oefenvlug.

f. Vrydag: Sirkel 30 minute (Duiwe wat nie wedvlug toe is nie.)

g. Saterdag: Rusdag.

Deel u duiwe in drie spanne en vlieg hulle elke derde week.

Die ses-weeklikse roterende program wat in my artikel "Wen so die kortafstande" moet steeds gebruik word, maar wees versigtig vir kanker.

Medikasie

Aangesien langafstandvlugte in warmer weer aan die einde van die seisoen plaasvind, keer die meeste duiwe terug met kropkanker onderlede en kan sodoende 'n hele vlieghok besmet. Kanker floreer in warm weer. Ek stel voor dat elke duif wat terug arriveer, onmiddelik 'n pilletjie wat kanker teenwerk gegee word en vir ten minste twee dae eenkant gehou word om te herstel. U ka nook in plaas van die pilletjie vir kanker, 'n middel in hulle water toedien vir 1 dag. Dit is ook noodsaaklik dat 'n elektroliet kombinasie toegedien word in die water met hulle terugkoms. Die minerale wat tydens die wedvlug verlore gegaan het, moet teruggeplaas word. Dit is ook uiters noodsaaklik dat die elektroliet kombinasie wat u gebruik so geformuleer is dat dit toksiese stowwe wat opbou tydens die vlug, verwyder.

Deur Derick Streak

Find us on Facebook
Follow Us