Uitverkoping van Coenie en Koos se hok duiwe

Coenie Koos duiwe uitverkoping

DUIWE WAT AANGEBIED WORD ONDERANDERE:

- TOM-LOCK

- A DRAPA SABLON

- SNOTNEUS FAMILIE

- G-ROUS

- KOOPMANS

BAIE DUITSE DUIWE

VIR MEER INLIGTING KONTAK:

COENIE 082 789 1250

KOOS 083 262 3318

IAN 082 894 4835

DIE UITVERKOPING VIND PLAAS 24 SEPTEMBER 2014 BY PAARL POSDUIF SAAL OMSTREEKS 09h00.

VOORWOORD VAN UITVERKOPING:

Dit is vir my 'n groot voorreg om 'n paar woorde te skryf oor my vriende, Coenie en Koos.

Coenie is 'n uitstekende Duiweboer, wat veral goed doen in Spesiale wedvlugte waarvoor hy duiwe dan spesifiek voorberei. Koos is 'n persoon vir wie net die beste goed genoeg is. Dit was dus geen verassing toe Koos besluit het om in vennootskap met Coenie duiwe te vlieg nie.

Die prestasies van die nageslag van Ogies en Gertjie in Bloemfontein is wyd bekend. Ek was gelukkig om van hierdie duiwe te bekom en het dit onmiddelik 'n groot invloed op my duiwe-prestasies gehad. So, byvoorbeeld, het ek 0325/2010 geteel uit Coenie se Cookhouse Fed-wenner. Sy is sekerlik een van die beste vlieers wat ek ooit gevlieg het. Uit 'n suster van die Cookhouse Fed-wenner teel ek 'n Federasie wenner en verskeie ander wenners.

So is daar verskeie ander Duiweboere wat verskeie wenners uit die duiwe van Coenie geteel het.

Coenie en Koos het geen geld of moeite ontsien om net die beste duiwe aan te skaf om sodoende as kruismateriaal te gebruik met die nageslag van Ogies en Gertjie.

Ek wens Coenie en Koos alle sukses toe met hul voorgenome veiling. Beginners sowel as gevestigde Duiweboere kan hierdie geleentheid met vrug gebruik om hulle hokke se standard te verhoog. Hierdie is 'n kortpad tot sukses vir diegene wat bereid is om die geleentheid te gebruik.

Sterkte met die veiling en hoop ek dat julle nie vir altyd vir die sport verlore sal wees nie.

Duiwe groete,

NICO DREYER

 

VOORWOORD VAN UITVERKOPING:

Dit is vir my 'n eer om 'n paar woorde oor Coenie Hatting te skryf. Coenie het in Bloemfontein duiwe begin vlieg in 1995. Soos dit maar met beginners gaan het Coenie maar swaar begin, en het baie keer nie klok oopgemaak nie. Coenie het gou besef dat as jy beter wil vlieg moet jy beter duiwe kry en moet jy met kampioene assosieer. Coenie het maats gemaak met een van die groot geeste in Bloemfontein naamlik Jaap Verkes. Die Verkes broers is legendes in Bloemfontein. Coenie het vandaar baie mooi in die klas opgelet en gou het hy 'n kompeterende duiweboer geword. Coenie en Koos Meiring het later saam begin vlieg as vennootskap Coenie en Koos. Hulle vorm 'n gedugte kombinasie en is 'n paar keer Seksie en Klubkapioene. In die laaste 11 jaar wat hulle deelgeneem het, het hulle 7 maal in die eerste op Federasie punte geeindig. Hulle hou ook die rekord vir die hartste kortpad punte wenner van die Federasie sedert 1995.

Coenie het egter 'n baie unieke kuns vervolmaak en dit is om duiwe reg te kry vir groot geld wedvlugte. Coenie het sonder twyfel die meeste geld in al die geld kompetisies in die Federasie en met klub veilings gewen. Sy ogies en gertjies mannetjies se kinders was grootliks hiervoor verantwoordelik. Coenie het nie koste ontsien nie en het van die beste duiwe in die land en die wêreld aangekoop om sy hok te verbeter. Ek glo dat die duiwe wat tekoop aangebied word enige persoon wat hulle aankoop net vorentoe plesier verskaf.

Coenie dit is baie jammer om jou as duiweboer te verloor maar ek glo dat jy nie baie lank uit die sport gaan wees nie want een maal 'n duiweboer altyd 'n duiweboer. Baie voorspoed vir die toekoms en geniet die tyd saam met die kinders.

George le Roux

Sekretaris / Wedvlug Sekretaris Bloemfontein Posduif Federasie

 Geld Wenners Coenie Koos-

Kliek hier om voledige duiwe veiling lys aftelaai.

 

Find us on Facebook
Follow Us